Saturday, 22 October 2011

slim harders

agter die eiland was daar drie skole harders.  elke nou en dan sigbaar bo die oopervlak, soos die skool aangejaag word deur een van die drie robbe, wat hulle trommel dik aan die oorvloed harders gevreet het.  elke keer as die skool op die grens van my gooinet se trefafstand was,  het hulle geduik of van rigting verander,  al wat ek vir my moeite kon wys was een harder,  nooit die moeite werd om een harder te braai of skoon te maak nie,  nog minder as die ou nie groter as 'n piesang was nie,  hy en sy skool is gelukkig verenig,  sou hy nie vir mnr rob langs die pad gekry het nie.

stil lewe

die stilte van die oggend het 'n paar still lewe fotos vereis

Suzuki 4 Stroke

die enjin loop oop op die gladde lagon

die more stond

het dit goud in die mond.  uit die ooste kus die moreson se strale die spieel gladde oppervlak van Langebaan se lagoon. 

skaam haai

die klein skaam haaitjie was manhaftig genoeg om aan my lyn te kom knibbel,  kyk hoe rol hy homself op,  skaam

Jankie oppad na 'n nagtelike visvang

 

Wednesday, 12 October 2011