agter die eiland was daar drie skole harders. elke nou en dan sigbaar bo die oopervlak, soos die skool aangejaag word deur een van die drie robbe, wat hulle trommel dik aan die oorvloed harders gevreet het. elke keer as die skool op die grens van my gooinet se trefafstand was, het hulle geduik of van rigting verander, al wat ek vir my moeite kon wys was een harder, nooit die moeite werd om een harder te braai of skoon te maak nie, nog minder as die ou nie groter as 'n piesang was nie, hy en sy skool is gelukkig verenig, sou hy nie vir mnr rob langs die pad gekry het nie.
biscuits en biltong ja, ek is 'n weskusklong.......van dassen eiland tot groen rivier, die wekus my oester, kom kap saam 'n wave, laat die katrolle sing, maak die nette vol, braai 'n ietsie, praat 'n stukkie, laat die horlosie se arm terugbuig, die weskus is die doepa en die klong nooi jou saam.....
Saturday, 22 October 2011
die more stond
het dit goud in die mond. uit die ooste kus die moreson se strale die spieel gladde oppervlak van Langebaan se lagoon.
skaam haai
die klein skaam haaitjie was manhaftig genoeg om aan my lyn te kom knibbel, kyk hoe rol hy homself op, skaam
Wednesday, 12 October 2011
Pappa se vissie
'n rustige stompneus vang saam met die familie lewer die onverwagse verassing, seun amper trotser as pa
Paw Paw se visse
kyk as 'n man darem twee sukke steenbrasse op en sitting vang is jy die ou - paw paw die geharde visserman
Subscribe to:
Posts (Atom)